About Us

Redira Kakamas
Epic-Motion051-1024x683
43502957_1967063266687248_1798136385442414592_o
28516848_1692651124128465_7563385530898355571_o

Geskiedenis

REDIRA het sy ontstaan in Maart 1998 te danke aan ‘n paar tafeldruifboere wat Myrna Malan genader het met spesifieke ontwerpe vir hul werkersklere. REDIRA het begin met drie werkers in ‘n dubbelmotorhuis op die huidige perseel in Augrabies. Vanaf 1998 het REDIRA gegroei in sterkte en bied vandag werk vir 24 mense voltyds en spog met ‘n doelgeboude-dubbelverdieping fabriek wat in gebruik geneem is in 2003.

Kakamas

In 2010 vergroot REDIRA deur ‘n winkel oop te maak op Kakamas. Daar word volledige reekse van JONSSON Oorpakke, klere, waterstewels en skoene aangehou asook ‘n wye verskeidenheid JEEP klere met MERRELL, CAT en SALOMON skoene vir die mode bewuste.

Diens aan die Gemeente

REDIRA lewer steeds ‘n diens aan die boere in die omgewing deur die verskaffing van oorpakke sowel as beskermingsdrag. Verskeie van ons drag voldoen aan die vereistes soos gespesifiseer deur die uitvoerders en ons probeer op hoogte te bly van die verandering in vereistes.   Ons kan u deur die jaar voorsien van al u benodigdhede, vanaf oesvoorbereiding tot na-oes wanneer ons u pakstoorklere vir u kan was en herstel.

Upington

In 2013 open REDIRA se derde tak in Upington in Schroderstraat 11c om bestaande sowel as nuwe kliënte daar te kan diens. In November 2013 raak die winkel te klein en verhuis ons na die hoek van Scott en Park straat. In April 2016 raak die winkel ook te klein en trek ons na 44 Scott Straat.

REDIRA raak ook die alleen verskaffer vir Fanie Malan Voorbereidingskool, Primêre Skool op die Voorpos en Hoërskool Upington vir skool univorms en sportklere.